Suid-Afrika se voorste reistydskrif is enige buitelewemens se paspoort tot bekostigbare bestemmings en blyplek in Suidelike-Afrika. Elke uitgawe is volgepak met puik foto’s en gesaghebbende stories oor interessante mense en plekke (en wat om daar te doen). Kamp, voetslaan, fotografie, toerusting, kos, die langpad, en avontuur is ook deel van Weg se DNS. En omdat ons nie freebies aanvaar nie en self vir alles betaal, weet lesers hulle kan ons inligting vertrou. Of jy wil wegbreek vir die naweek of ’n lang vakansie, jou reis begin hier...
Oor grense heen
AGTER DIE SKERMS • Indië was nog altyd een van die vryskutskrywer Marguerite van Wyk se droombestemmings – lees die eerste aflewering van haar Reisjoernaal op bl. 120.
Weg!
BRIEWE • Het jy iets interessants gesien op jou reise? Stuur vir ons ’n brief, ’n e-pos of ’n posduif en sê jou sê.
V & A • Elke maand beantwoord ons kenners lesers se vrae oor voëls, insekte en diere. Stuur jou vrae gerus na 🖰 redakteur@weg.co.za.
KYK HIER!
KORTLIKS
STERREWEG • Graffiti op die Maan
SO KOUD SOOS ’N REPTIEL
Groet die Groen-Kalahari • Upington, op die oewer van die Oranjerivier, bied meer as net ’n vinnige oorstaanplek op pad na die Kgalagadi-oorgrenspark of Namibië. Hier is ons medewerker Martinette Louw se top-dinge om te doen, sien en proe op haar tuisdorp.
Die klippe van onthou • Wanneer dit in jou gene is om te versamel, weet ’n mens nooit wat jy alles op jou reise kan bymekaarmaak nie. Helen Fraser onthou ’n besonderse versamelstuk verweef met herinneringe aan ’n Wêreldbekersokkertoernooi.
BOEKE & MUSIEK
’n Rivier wat lééf • Die Zambesi word beskou as een van die oudste rivierstelsels, dalk selfs dié oudste, in die wêreld. In die Onder-Zambesi- en Manapoele- nasionale park kan jy die oeroue landskap ervaar soos dit in die begin was – wild, woes en wonderlik.
Na werwe waar vrede is • Winterberg, Doornberg, Ganora, Letskraal, Waterval… Toast Coetzer toer grondpadlangs tussen Nelspoort en Graaff-Reinet; na plaaswerwe waar honde, hane en hanslammers jou verwelkom en ’n draadstoel op ’n groot stoep vir jou wag.
Die Karoo se skoot vol troos • Ons ken haar as verhoogmens van ouds. Later as leerling van die Griekwabossiedokter oom Johannes Willemse en gereelde raadgewer op RSG. Ná haar leermeester se dood het Antoinette Pienaar haar hart vir jare dig gehou. Maar nou begin haar binnelandskap weer bot.
MENSE SE LENSE • Deel jou beste diere- en natuurfoto’s met ons! Stuur dit na 🖰 menseselense@weg.co.za en, wie weet, dalk bespreek Toast Coetzer jou foto op dié blaaie!
Die planeet wat ons deel
Vars gevries • Maak kosmaak makliker met geriefsbestanddele wat altyd in jou vrieskas is.
Daaglikse brood • Waarom brood koop wat na niks meer as wind proe nie as jy jou eie suurdeegbrood kan bak? Dis die lekkerste, gesondste brood wat jy ooit sal eet! En met die regte gereedskap word dit ’n takie wat jy al hoe meer geniet.
Die petrol-Ranger • Nes jy gedink het die aanbod van dubbelkajuitbakkies kan nie méér oorweldigend wees nie, verskyn daar nóg ’n model wat aanspraak maak op jou rande – die nuwe Ford Ranger 2.3T Sport. Wat ’n mens laat wonder: Is dit hoegenaamd nodig vir ’n bakkie om ’n dieselenjin te hê?
Van kuns tot Karoogle • Hier is heelwat te doen op die dorpie Somerset-Oos, deesdae KwaNojoli, in die Oos-Kaapse Karoo. Leer vlieghengel, drafstap op ’n parkrun, begin ’n tegnologie-onderneming of skryf ’n roman. En voor jy jou kom kry, is jy verlief op ’n plek en leefstyl wat jy nie eens geweet het bestaan nie.
STAP HIER • DIE LUIPERD-ROETE, BLYDERIVIERCANYON
VIR DIE VOËLS • DEUR FAANSIE PEACOCK
MET MY EIE OË • Die Kgalagadi is ryk aan voëllewe. Willem...