Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Landbouweekblad

Landbouweekblad

Oct 15 2026
Magazine

Suid-Afrika se grootste en gewildste landboutydskrif is meer as 100 jaar in diens van boere. Dit is invloedryk, nuuswaardig en bied rigtinggewende inligting. Die tydskrif en al sy platforms is ’n advertensiemedium sonder gelyke in die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Landbouweekblad

IN ’N BLIK

Stories wat in die landbou saak maak

SA kospryse kan internasionale neigings volg, maar met ’n kinkel

Wenner

Verloorder

Onwettige mynbou: Limpopo se boere ook onder beleg • Die onwettige mynbou wat boere in Mpumalanga bedreig, knou ook Limpopo se landbou. Volgens Deidré Carter, uitvoerende hoof van Agri Limpopo, verhuur sommige gemeenskappe in Limpopo restitusieplase aan onwettige myners vir verblyf en hul bedrywighede.

Baas Elon Musk

Briewe • POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Transformasie bly ’n taai tameletjie

Dis oorlog in die Laeveld

Premier Foods bied perskeboere R3 250/ton aan: Is dit genoeg?

Staat hou miljoen dosisse vir uitbrekings • Die staat hou sowat ’n miljoen dosisse bek-en-klouseerentstof by Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) om vinnig op verdere uitbrekings te reageer, terwyl voorkomende inentings veral in die private sektor voortgaan.

LNR oor ‘private entstof’: ‘Gun ons tyd’

Uitbrekings van BKS in Namibië bly onder beheer

Planttyd: Trekkers dreun met ‘hoop en beplanning’ • Ná die goeie neerslae in die oostelike en die westelike dele van Suid-Afrika het die plant van somergrane vanjaar op sommige plase vroeg begin.

Fyn beplanning nodig vir nuwe plantseisoen – Graan SA • Somergraanprodusente sal hierdie seisoen baie deeglik moet beplan om winsgewend te kan produseer te midde van verskeie risiko’s.

Snywurms: ‘Moenie wag vir ernstige skade’ • ’n Snywurmplaag kan duur skade aan mielie-aanplantings aanrig. Boere word gemaan om betyds voorbereidings te tref om ’n snywurmuitbreking dié seisoen te probeer voorkom.

Trofeejag se waarde ‘hang af van wie beheer én voordeel kry’ • Trofeejag kan help om bewaringsgrond te behou en inkomste, werk en vleis aan gemeenskappe te verskaf, maar dit waarborg nie gesonde wildbevolkings nie, luidens ’n oorsig van navorsing uit 13 lande in Afrika suid van die Sahara.

‘Leeftyd se werk’ agter R3m.-springbok

SA in ideale posisie om wêreldtekort aan te vul • Suid-Afrikaanse wolprodusente is tans in die sterkste posisie in baie jare danksy die krimpende wêreldaanbod en Suid-Afrika se sterk aanbod van volhoubaar gesertifiseerde fyn- tot mediumwol.

SA stoei met reuse-wynsurplus: Uitvoer na China help effens • Met sowat 258 miljoen liter wyn meer as die geskatte vraag, is daar tans geen maklike oplossings vir Suid-Afrikaanse wynboere nie. Die toename in wynuitvoer na China kan help om die situasie effens te verlig.

Swartlandse koring knak onder invoerdruk • Swartlandse koringboere is vasgedruk tussen lae Safex-pryse, ’n verouderde invoertariefformule, omstrede vervoerdifferensiale en ’n ál wisselvalliger klimaat. In ’n tyd waarin voedselsekerheid weer sterker aan selfvoorsiening gekoppel word, is die vraag: Kan wintergraan in die Wes-Kaap nog volhoubaar wins maak?

Omnia verhang die bordjies met goeie resultate; aanbod • Ná ’n suksesvolle ommeswaai om uit die finansiële dryfsand te kom, lyk dit of Omnia gereed is om sy vlerke te sprei.

Nuwe koringkultivars met tot 10% beter produksie ‘goeie nuus’

Nuwe tegnologie kan help om rooijakkalse se gedrag te verstaan

Luiperdtrust se ontwerp van mobi-kraal nou gratis te kry

Boek kan help om talle tergende vrae op te klaar

SKA-projek laat ’leë plaashuise en verlate grafte’ agter

Só kan biostimulante help • Duurder kunsmis verskerp die klem op alternatiewe biologiese of meer natuurlike...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans