Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Title details for SARIE by Media 24 Ltd - Available

SARIE

Mar/Apr 2026
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

EERSTE SÊ

NATANIËL SÊ

ons wêreld

JULLE SÊ

SANDRA & Ashley ‘Gister was jou dag, vandag myne . . . ’ • Sandra Prinsloo. Die naam ken ons almal. Een van SA se bestes – op die verhoog, in rolprente, op televisie. Al bekroon vir haar lewenslange bydrae tot teater en die land. Ervaring het sy aan haar kant, maar steeds leer sy. Haar medespeler in e.tv se telenovelle Kelders van geheime, die 31-jarige Ashley de Lange, beskou sy as haar “teaterkind” – iemand met wie sy haar kennis graag deel, maar iemand na wie sy ook kyk vir inspirasie. Want die jong akteurs ‘bring ’n nuwe energie, ’n nuwe aanslag’. Saam pak hulle die lewe en die bedryf se kinkels en intriges aan. Sáám groei hulle

TINARIE Die lewe is ON VOOR SPEL BAAR • Sy noem haarself ’n geleentheidsmisbruiker. As die aktrise Tinarie van Wyk Loots kans kry om iets nuuts te doen, gryp sy dit behoorlik aan. Van kleins af al. Maar deesdae doen sy dit met meer balans

KUNS MET ’N STORIE • Kuns is so oud soos die mensdom self, daarvan is daar genoeg argeologiese bewyse. Oor die millennia heen maak dit die lewe mooi en interessant, práát dit woordeloos met ons. Soos die skilder Georgia O’Keeffe gesê het: ‘Kleur en vorm sê dít waarvoor ek nie woorde het nie.’ Vier mense vertel meer oor die storie van hul kuns

Elita de Klerk VERSOENER • Vir jare was sy oudpres. FW de Klerk se klankbord en inspireerder. Sy finale verskoning oor die pyn van apartheid is waarop sy nou in Suid-Afrika help bou, en die grondslag van haar uitreik na ander. ’n Moeilike pad, maar soos ‘waarheid en versoening’

HIER KOM DIE (VROUE)BOKKE! • ’n Groot jaar vir rugbymal SA! Die All Blacks speel vir die eerste keer in 30 jaar hier in ’n toetsreeks. En ons vroue vier ook eerstes: Avril Fillies was die eerste vrou wat rugby vir Die Burger geskryf het en ‘legende’ agter haar naam kan skryf, en traumasuster Nomsa Mokwai is deel van die vroue-Bokspan wat vir die eerste keer onder die wêreld se top-10 tel

DIE A-LYN VAN DIE LEWE • Van kleintyd af kon sy stories optoor met naald en garing. Nou, dekades later, is Anel Botha een van Suid-Afrika se voorste modeontwerpers. Haar goue wenk? Overdress, don’t underdress . . . darling!

DIE SPRANKEL, DIE SKOKKE, DIE SKANDES OSCAR toorkrag! • Dis die aand van sprankel en skandes. Waar glans en skinder hand aan hand loop, en elke kameraflits ’n storie vertel. Drama speel nie net op die silwerdoek af nie, maar in elke gewaagde snit, modemisstap en onvergeetlike meem. Die Oscars, Hollywood se grootste okkasie, word vanjaar die 98ste keer aangebied

SA MODE IN DIE KOLLIG • Wenners! Ontwerpe so reg vir glans en ’n bietjie pret, en ons model wat oorsee naam gemaak het – Katryn Kruger. Geniet die style, van skoon tot minimalisties, en skeppings ryk aan detail en tekstuur

mode dinge

Straal MET YS • Die strewe na ’n glansvel is nimmereindigend. Kan dit wees dat die geheim steek in iets so eenvoudigs soos ’n blokkie ys? Die SARIE-skoonheidspan stel ondersoek in

LANGER jonger • Die nuutste nuus, produkte en wenke om onnodige tekens van tyd te takel

bederfprodukte Luuks

mooi dinge

Sjokolade SOOS OP DIE SILWERDOEK • Dis Oscar-seisoen, met die bekroning van die beste flieks die afgelope jaar. Hoe anders sal ons dit dan vier as met ’n happie sjokolade en ’n...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans