Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Huisgenoot

Huisgenoot

Oct 15 2026
Magazine

Huisgenoot is 'n Afrikaanse gesinstydskrif met 'n unieke redaksionele samestelling. Ons dek onderwerpe so wyd soos onder meer menslike dramas, die doen en lates van glansmense, Afrikaanse musieknuus, mediese en wetenskaplike ontdekkings, nuus van algemene belang, verbruikersake, mode- en glansartikels, fiksie, sport, motornuus, handwerkartikels, resepte, tuis- en skoolprojekte, blokkiesraaisels en opwindende wedstryde.

'BOER SOEK 'N VROU'-SKOKKE: VROUE G'N SPYT • Dit gons oor boer Willie nadat ál sy gekose 'pasmaats' sy plaas naby Harrismith verlaat het. Hulle is nie spyt hulle het ingeskryf nie, sê Lezelle en Madelé

KORT VOOR LANK • TOETS JOU KENNIS

DIE ANDER VROU IN DIE SPIEËL • TERWYL HAAR LOOPBAAN VLAM VAT, MOES DIE AKTRISE ANJA TALJAARD 'N DUBBELE MASTEKTOMIE EN CHEMOTHERAPIE TROTSEER. NOU PRAAT SY OOR DIE KNOP WAT HAAR LEWE VERANDER HET - EN HOE SY WEER HAAR VOETE VIND

GETEM DEUR MY PIKKEWYNTJIE • NÁ BÁIE LIEFDESTORMS HET BRENDAN PEYPER RUS EN 'TROUMATERIAAL' GEVIND BY SY MARISE - EN DIE TWEE KAN NIE OPHOU KOER NIE

IN WOEDE SE SKERP KLOUE • Hy’s op ’n bakkie op ’n Namakwalandse plaas deur ’n luiperd bespring, maar kon danksy sy instink die woedende dier afweer

KLEIN LYFIE, GROOT HART • Violet de Wet is net vier jaar oud, maar sedert haar ouers einde April gehoor het sy het 'n seldsame tipe kanker in haar oog, is sy al deur erge trauma. Tog bly hulle harte vol hoop

TRUWAARTS NA GLORIE! • Hulle sê toutrek is dalk die enigste tydverdryf waarin jy agteruit moet beweeg om vooruit te kom. En ná die onlangse wêreldkampioenskap op Hartenbos is ons trekkers in groen-en-goud nou voorbokke in dié sport

'N ONWAARSKYNLIKE HELD • IS DIT 'N KARAKTER UIT LORD OF THE RINGS OF 'N IMPERIAL STORM TROOPER? HIER KRY ENIGIEMAND DIE KANS OM SOOS SY HELD AAN TE TREK, MAAK NIE SAAK WIE JY IS NIE. EN DIS HIER WAAR BRENDAN JACKSON ONLANGS KONING GEKRAAI HET

TOE DIE EINDE NIE KOM NIE • Twee dodelike inspuitings kon nie Christa Pike se lewe beëindig nie. Terwyl owerhede probeer vasstel wat verkeerd geloop het, eis teenstanders opnuut dat Amerika die doodstraf afskaf – en wag haar slagoffer se ma steeds op geregtigheid

DIS SPEELTYD! • Die geliefde Paloeka en Palawa is nou op Roblox in die nuwe speletjie Babbelverse, waar jy gratis met hulle kan speel

Geniet 'n KOSSAFARI • Brunch, braai, potjie en poeding – dié SES RESEPTE uit 'n nuwe kookboek met plaaslike geregte is beslis die MOEITE WERD om te probeer

BASILIEPESTO-MAKRIELKEBABS met TZATZIKI • GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR 20 MIN.

LAMSKENKEL-POTJIE • GENOEG VIR 6 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 1 UUR 30 MIN.

ANGSAANVAL VS. PANIEKAANVAL: WAT IS DIE VERSKIL? • Dié terme word dikwels as wisselvorme gebruik, maar is twee verskillende ervarings. Dis hoe jy dit uitmekaar ken

WAAROM DIT VIR JOU GOED IS OM MET DIE HAND TE SKRYF • Wil jy helderder dink? Dit kan so eenvoudig wees soos om pen op papier te sit. Wetenskaplikes sê handskrif – eerder as om op 'n skotrekenaar of selfoon te tik – kan beduidende kognitiewe voordele inhou, hoewel navorsers dit nou eers ten volle begin verstaan.

DIE REUK VAN SJOKOLADE KAN JOU HARDER LAAT OEFEN

Die onmoontlike word moontlik

My skaduwee loop los • Lees die derde deel van ’n uittreksel uit ’n meesleurende verhaal oor die antwoord op die tergende vraag: Wat as?

Speel-speel op die grootskerm

Versteen van vrees • Ons kyk na fleiks en reekse wat die bloed in jou are sal laat ys

Hartmusiek

TV gids

Is dit Nefertiti se graf? • ONS GESELS OOR

ELDERS IN DIE...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans