Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
WEES DEEL VAN KUIER SE LENTEDAG-PATSY! • Maak jou reg vir ’n lekke’ patsy! Kuier se vierde Lentedag-do is hier. In September word Kuier 17 – ons vier dit in styl met ons gesogte jaarlikse lente-opskop. Moet dit nie misloop nie!
WORD ’N VEILIGE HAWE VAN GENADE • Vroue ken mekaar se kwesbaarheid en weet presies waar om te slaan, maar God roep ons tot iets groters: Om, soos Elisabet vir Maria, ’n veilige vesting vir ander vroue te word
GEBED • Jy hoef nie perfek te wees om goed te doen vir ander nie – vra om hulp van die Een wat jou beker vol maak sodat jy dit vir ander kan doen
KELDERS GROET: 4 STERRE, 2 JAAR SE INTRIGE EN BLINK TOEKOMSDROME • Ná die kameras 610 dae lank op die prentjiemooi wynplaas Plaisir in Simondium in die Boland gerol het, kom die gewilde daaglikse drama Kelders van Geheime ná twee jaar se kinkels, drama en asemsnak-oomblikke tot ’n bittersoet einde.Kelders-kykers, wat week ná week voor hul skerms vasgenael was vir al die drama en die wel en weë van Soebatskloof se mense, sal op 14 Augustus “die laaste druppel uit dié kykgenot-bottel” op TV kan geniet, vertel Kelders se publisiteitsbestuurder, Ernst Swart.Kuier het onlangs vier van dié Safta-benoemde show se gewilde aktrises byeengebring vir ’n totsiens-sê shoot vir ons voorblad, en hul hegte band was duidelik sigbaar. Die vier vertel hier meer oor die lewe op stel, agter die skerms en die pad vorentoe
VAN ‘KELDERS’ SE GROOT ASEMSNAK-STORIELYNE
OM ’N NAGMERRIE TE HERLEEF • Ná die seer van seksuele geweld staar slagoffers dikwels verdere trauma in die gesig wanneer hulle hul oortreders aan die pen wil laat ry, weens onder meer gebrekkige hulpbronne en prosesse
GOD SKRYF NOG HAAR STORIE… • ’n Seldsame siekte het haar brein aangeval en haar geheue, spraak en byna haar lewe gekos. Ná ’n maand in ’n koma, maande van pyn en jare se herstel, leef sy vandag haar storie klaar
OM WEER IN DIE SPIEËL TE KAN KYK • Sy moes kies: selfvernietiging of oorlewing. Vandag deel sy die rou, hoopvolle verhaal van ’n vrou wat haarself en die wêreld weer in die oë kan kyk
VAN DWELMHEL NA BURGEMEESTER SE KANTOOR • Toe hy in ’n gat van dwelmverslawing val, het dit by tye gelyk daar is nie omdraaikans nie. Vandag is dié pa van drie ’n stadsbeampte en maak hy ’n verskil in ander se lewens
DIÉ DOKTER SORG VIR LIGGAAM ÉN GEES • Nadat sy gesien het hoe kanker die pasiënt se hele gesin raak, het dié Johannesburgse onkoloog ’n kinderboek daaroor geskryf om die paadjie vir jonk en oud makliker te maak
SMUL AAN VIS EN SEEKOS • Bederf jou huismense met dié smulkos uit die see. Baie seekos soos mossels is maklik verkrygbaar by supermarkte
10 SLIM MODETRUUKS NET VIR JOU • Met dié maklike truuks kan jy jou looks opkikker én klaarspeel met lastige probleme
VRAE WAT KWEL • Van hoe om te voorkom dat jou make-up saampak tot die regte velsorgroetine, hier is antwoorde op van jou algemeenste skoonheidsvrae
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
SLAAP MET OORFONE • Baie van ons raak deesdae aan die slaap met oorfone in ons ore wat oudioboeke, kalmerende musiek of sagte "white noise" speel. Dis 'n gewilde manier om voor slaaptyd af te skakel - en dalk ook 'n gesnorkery of ander geraas uit te skakel. Maar is dié gewoonte sleg vir jou ore?
KEN JOU GENE • Jy kan nie kies...