Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Wat begin het as ’n klein omgeedaad, het uitgekring tot ’n uitreikprojek wat net van krag tot krag gaan
DIE’SPICE QUEEN’SE ERFENIS VAN LIEFDE • Sy het diep in Kuier-lesers se harte gekruip met haar resepte, warm geaardheid en liefde vir die ryk Maleise koskultuur. Cass Abrahams se dood het ’n leemte in ons land se kultuurlandskap gelaat - maar veral in die harte van haar geliefde dogter en man van 57 jaar. Hulle deel hier van hul kosbare herinneringe van haar
’DIE STRYD TEEN DIE MONSTER IN ONS HUIS’ • Toe haar tiener kort voor ’n noodkeisersnit breek en vertel haar stiefpa verkrag haar, is hul lewe op sy kop gekeer. Drie jaar later staan haar ma in ’n hof en hoor vir die eerste keer die volle omvang van wat met haar kind gebeur het. Nou praat sy - vir haar eie, en élke dogter wat nooit geregtigheid gekry het nie
’N GANSE GENERASIE SONDER ’N VANGNET • Miljoene jong Suid-Afrikaners sit sonder mediese fondse of spaar nie vir aftrede nie. Ons praat met dié wat dit beleef, en met kenners wat raad gee oor hoe om dit te navigeer
KANKERVRY, NOU ’N HOOPDRAER • Toe die ‘groot K’ hom tref, het hy geveg, en later die pad saam met vegtertjies begin stap
DIÉ ‘HOOD’ SE MOOISTE KANT • Hul projekte bring hoop en uitkoms in ’n gebied wat maklik vergete en agtergeblewe kon bly
VAN DROME OP KARTON TOT DIE CEO-STOEL • Op 16 het sy ’n droom gehad wat sy vandag uitleef — dié grootbaas by ’n bank is ’n les in deursettingsvermoë en harde werk
LINDIE BLOM WAAR SY GEPLANT IS • Dié Suidooster-aktrise gesels oor hierdie seisoen van haar lewe, haar hartsmense, en hoe sy die lewe se plot twists met ope arms omhels
MARKDAG BY DIE SKOOL • Jy en die kinders kan saam dié eetgoed maak vir Markdag en dit sal boonop soos soetkoek verkoop
DIT OP JOU DITE • Geen duur toebroodjie kom naby die nostalgiese lekkerte van ’n samoesa en koe’sister uit die hande van dié wat kán nie!
LEKKE’ LENTE LOOKS • Die warmer weer is hier! Ons kyk hoe jy jou winter-items met jou somerklere kan meng en pas om lekker lente-looks bymekaar te sit. As jy reeds soortgelyke items in jou klerekas het, kan jy dit op hierdie maniere inspan
KYK WAT DOEN ’N SWIRLKOUS! • Elke nou en dan moet ons die swirlkous haar flowers gee - dié staatmakerhaarkontrepsie bly maar net ’n klassieke wenner. Hier gee ons raad oor hoe om te swirl sodat jou hare die beste daaruit kry
Probeer dít
MAAK ’N BOEKRAK • Dié boekrak, waarin die boeke gesig vorentoe uitgestal word, sal jou kleintjie naderlok om meer te lees. Dit maak boeke kies makliker, en jy kan dit na aan die grond monteer sodat klein handjies dit maklik en veilig kan bykom. Dis ook lekker vir resepteboeke teen die kombuismuur uitstal, maak dit dan net groter
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
JOU SKOONMAAKKAS: DIS HOE LANK DIÉ PRODUKTE HOU • Skoonmaakmiddels kan hul trefkrag verloor as jy te lank vat om dit op te gebruik. Vind hier uit hoe lank jou gunstelingprodukte werklik hou
JOU VOLLE GIDS TOT VITAMIENE & MINERALE • Watter vitamiene en minerale het jy nodig, en wat moet jy weet voor jy aanvullings gebruik? Hier’s raad
WEES VEILIG OP JOU DATE • Ons gee raad oor hoe jy jou romantiese afsprake kan hanteer sodat jy nie jou veiligheid opoffer nie
NOG WENKE VIR JOU...