Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Idees

Idees

GESKENK IDEES 2026
Magazine

By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.

VAN DIE REDAKTEUR

Idees

BLOMME & STRIKKE • Laat Moeder Natuur jou inspireer om jou geskenke mooi toe te draai.

SÊ DIT MET BLOMME • Geskenke word gewoonlik met ’n kaartjie daarby gegee, maar waarom nie die kaartjie die geskenk maak nie? Skep jou eie blommekaartjies as blyk van jou liefde en waardering. ’n Heerlike projek vir jonk en oud!

JUWEELTJIEMOOI • Hierdie is ’n lieflike projek vir ’n tiener. Jy het nie ’n pottebakkersoond nodig om die gelukbringertjies te maak nie, net lugdroogklei, hars en ’n bietjie kreatiwiteit.

OU LAP SE MOOI • Gebruik jou oorskietmateriaal om geskenke op interessante en kreatiewe maniere toe te draai.

VIR DIE ONTHOU • Bind jou eie joernale om op jou kreatiewe reis te gebruik, of gee dit vir iemand as die perfekte persoonlike geskenk.

SKEP SAAM • Wanneer dit by presente kom, is die heel mooiste geskenk die tyd wat 'n gesin saam deurbring en skep - en veral jong kinders pluk die vrugte hiervan.

KOEKOEK! • Maak hierdie oulike muurversiering vir ’n kind se kamer.

UIT MY DELI • VERRAS IEMAND SPESIAALS MET PRAGTIG VERPAKTE TUISGEMAAKTE LEKKERNYE WAT BEDOEL IS OM STADIG TE GENIET.

SOET EN SUUR • Hierdie koekies met ’n romerige versiersel propvol vars suurlemoengeur is die ideale geskenk vir enige kosliefhebber of tuinmaak-entoesias.

BAK EN BOU • Geniet dit om hierdie 3D-legkaartkoekies te bak en aanmekaar te sit.

SOETE GAWES • 'n Bottel gegeurde heuning, 'n baksel koekies, of 'n fles met bestanddele en 'n resep om glutenvrye koekies te maak … dié tuisgemaakte geskenke is altyd welkom!

VAN WAAR, GEHASIE? • Bederf 'n kleinding met hierdie laphaas. Sy is lekker groot en sal soos 'n maatjie voel!

GELUK IS … • Maak 'n erfstuk van 'n sêding wat vir jou iets beteken. Dié muurbehangsel, wat met invourand-appliekwerk gemaak word, kan ook 'n kussing of selfs 'n drasak word.

GOEIE BOEKIES • Maak en borduur vir 'n naaldwerkster 'n pragtige klein boekie om haar naalde en spelde in te bêre.

VIR-ALTYD-BLOMME • Gee vir ’n geliefde ’n blom wat nooit sal verwelk nie, ’n fraai geborduurde blommetjie om haar te laat onthou hoe spesiaal sy is. Kry ’n paar vintage rame en oorskietlappies bymekaar en maak hierdie lieflike ruikers.

JAN SE SAK • ’n Denimrugsak is altyd ’n treffer vir kleingoed. Dis lekker sterk lap en met jou kind se naam op gestik, is daar geen kans vir wegraak nie.

FRAAI VOORSKOOT • Maak hierdie oulike, praktiese voorskoot vir jou wasdag of kies ’n ander borduurmotief en maak een vir ’n kranige tuinier.

HALLO MAATS! • So ’n poppekas is mos ideaal om kinders kreatief te laat speel. Dis meestal maklik om te maak, hoewel die handpop meer vernuf verg.

KNUS JASSIE • Probeer ’n slaggie reliëfhekelwerk en gee ’n splinternuwe voorkoms aan jou warmwatersak - dis ook die ideale geskenk.

TRIPPE TRAPPE TRALIES • Hekelwerk kan soveel meer wees as mooi blokke. Gebruik weefsteek (of mossteek) om ’n materiaal met tekstuur te verkry - en maak daarvan pragtige huisversierings.

AHOOI DAAR! • Hierdie oulike, oorspronklike seemeeue sal jou gewis laat glimlag en die ideale geskenk wees.

TOG TE OULIK • Hierdie pixie-mus is die ideale gebreide geskenk vir die baba in die familie.

OP JOU LEESLYS

JUL IDEES • Ons hoor graag van jou! Vertel vir ons meer oor jouself, wat jou inspireer en waarmee jy alles besig is. E-posse en foto's is welkom.

'N WÊRELD VOL IDEES • TEKEN IN EN LOOP NIE 'N ENKELE UITGAWE VAN...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans