Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Ontmoet die Bokke se voordanser – jip, daai spiertier wat ons op die rugbyveld wys dis nou oorlog!
DIE HEILIGE UITNODIGING OM OOR TE GEE • Ons wil alles beheer, want om oor te gee voel soos verloor – dit voel soos swakheid, of beheer verloor. Maar in die Koninkryk van God is oorgee nie die einde nie. Dit is die begin …
Saaityd vir die siel • Maak jou lewe die vrugbare grond waarin God Sy beloftes kan saai
‘GOD IS NOG NIE KLAAR MET MY’ • Sy't 21 jaar terug op die musiektoneel verskyn soos 'n vars lentebriesie met haar ongekunstelde talent, en al het die lewe baie ompaaie met haar gestap, stap sy vandag met haar kop omhoog. Die Idols-wenner Karin Kortjé, een van die celebs op vanjaar se verhoog by Kuier Lentedag, maak oop oor haar huidige hoofstuk
‘TE JONK’ VIR DERMKANKER? DINK WEER! • Die gevare van kolorektale kanker onder dié jonger as 50 is onlangs in die kollig gegooi toe die bekende plaaslike sanger Danny K se vrou, Lisa, op nét 41 ná 'n stryd teen dié siekte oorlede is. Ons probeer lig werp op dié siekte
PASOP VIR TIKTOK SE ‘DOKTERS’ • Daai gesondheidswenke op sosiale media wat jy so deel en party selfs slaafs navolg, is glad nie altyd op mediese kundigheid gegrond nie
DIE LEWE IS 'n LIED AS SING IN JOU BLOED IS • Die George-broers van die Kaap is reg oor die wêreld bekend en maak ook saam hul Kuier Lentedag-debuut vir 'n lekker patsy! Ons het gaan inloer om te gesels oor hul opgang in die vermaakbedryf oor die jare
WAAR DAAR 'n WHILMA IS, IS DAAR 'n WEG! • ‘n Motorongeluk in die fleur van haar lewe het haar verlam gelaat, maar nie dié ma se gees gebreek nie
NOORD-KAAP SE TROTS OOR SY ‘MASTERCHEF'-TITEL • Die onlangse MasterChef SA-wenner ken sy storie agter die kospotte en vertel hier meer oor sy reis tot by daardie “out-of-body”-oorwinning
DIÉ DOK SE DROME KEN GEEN GRENSE! • Haar uitreikprojek om vrouegesondheid te ondersteun is maar net die begin vir dié uitblinker-dokter wat telkens haar eie grense verskuif
VAUGHN KERF SY EIE PARADYS UIT • Dié Paradys-ster se loopbaan as akteur het met 'n geloofsprong begin en tot nou net van krag tot krag gegaan
LENTEGEBAK • Ons bak 'n storm los om die koms van lente te vier – dink heerlike vars koeke, ligte terte en lekker koffiegebak DEUR CARMEN NIEHAUS & ESTHER MALAN
ROCK DIE CAPRI SOOS TYLA & KIE! • Capri's – daai leggings wat net onder die knie eindig – is nou in en almal van Beyoncé tot Riri word daarin gewaar. Ons wys agt maniere hoe jy dit ook kan dra!
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
BRANDWONDE: SÓ KAN JY DIE BYT UITHAAL • Lees hier watter brandwonde tuis behandel kan word en watter ‘n dokter vereis
5 MANIERE OM TOILETSAKE NETJIESER TE DOEN, MENEER! • Psst … manne! Gedink jou badkamergewoontes is skoon? Die waarheid is dat eenvoudige alledaagse roetines in die badkamer dalk jou – en geliefdes – se gesondheid kan bedreig. Navorsing toon dat eenvoudige ‘foute’ voor en ná urinering 'n broeiplek vir skadelike bakterieë kan skep. Los jy die deksel oop as jy spoel? Jy kan kieme tot meer as 'n meter hoog die badkamer in laat versprei. En voor jy besluit sit en piepie is regtig nie vir jou nie, lees eers wat die kenners sê. Ons deel vyf eenvoudige aanpassings vir beter higiëne in die...