Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Sy’t al twee breinoperasies gehad, nou wil dié mediese student hoop gee aan ander sulke kinders
VERLIEF, VERLOOF ÉN VOLBESPREEK • Saam maak dié akteurspaartjie nie net ’n treffende prentjie op die oog nie — hy met sy rugged charm en sy met haar delikate vurigheid — hulle blink ook tans uit as twee van die vermaakbedryf se talentvolste sterre
INENTINGS: IS JOU KEUSE ’N WETLIKE RISIKO? • ‘My kind, my keuse.’ Dis hoe sommige ouers voel as dit by inentings kom. Maar wat gebeur as daardie persoonlike keuse ’n bedreiging vir ’n kwesbare mens inhou of iemand ernstige skade laat ly?
ÁL MEER JONGES IN DOBBEL SE GREEP • Jong Suid-Afrikaners dobbel letterlik met hul toekoms – hier vertel ’n jong vrou hoe sy ingesluk is
WONDERWERK OP DIE VLAKTE: SESJARIGE OORLEEF KOEËL IN KOP • Die een oomblik het sy nog salig in die buurt gespeel, die volgende het die skote geklap en het sy leweloos in die straat gelê. Dis egter haar merkwaardige herstel wat haar ma en dokters so verstom het
IN DIE BURGEMEESTER SE SKOENE • Ons gesels so tussendeur ’n paar potjies tennis in Mitchells Plain met die Kaap se burgemeester
DIE WAG WERD • Haar eerste roman is self uitgegee en het jare lank stof vergaarnou is dit ’n treffer-Netflix-reeks en die skrywer, Sue Nyathi, kan nie trotser wees nie
UIT DIE HARTSEER NA TIKTOK-STERRE • Hulle laat hul honderdduisende TikTok followers skaters met hul eg Namakwalandse stories, maar agter die skerms het die Cay Twins groot verlies oorkom
TERENCE IS HIE’ VI’ DIE DRAMA • Ons loer in by die veteraanakteur Terence Bridgett en gesels oor sy loopbaan, grootwordjare, lewenslesse en waaroor hy passievol is
SAKPAS MET HOENDER • Ons toor met hoender. Ons gee dit nie net ’n nuwe baadjie nie, maar draai ook die sente om en kook smaaklik en sakpas
KYK GOU WAT DOEN’N BLAZER! • Of jy nou van puffer jackets, lang jasse of parkas hou, ons het ’n baadjie virelke smaak en vorm – en ons wys jou hoe jy dit kan dra
KOMBERS VAN KABEL BLOKKE • Brei ’n dik kombers wat jy ook as ’n sjaal kan inspan en lekker knus om jou skouers kan vou
BEVOGTIG JOU VEL • Jou vel loop eerste deur in die winter. Droë, stywe vel en ’n vaal voorkoms is tekens dat jy jou roetine moet aanpas. Nes jy ligte klere verruil vir jasse en truie, moet jy ligte velsorg vervang met ryker en dieper bevogtigende produkte. Hier is ons gunstelinge
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
WAT JOU VEL OOR JOU IMMUNITEIT VERKLAP • ‘n Droë, jeukerige vel in die winter is meer as net ’n kosmetiese kwessie; dit kan wys dat jou immuunstelsel onder druk is
LAAT DIE SEKSGODIN IN JOU LOS • Vergeet ’n slag jou inhibisies in die slaapkamer en ervaar ’n meer vervulde sekslewe
MAAK JOU EIE MAALTYD-PLAN • Enige tuisteskepper sal weet die daaglikse gewonder oor wat vir aandete gemaak moet word, kan tyd, energie en geld mors. Ons wys hoe jy dit met slim beplanning kan oorkom
BLUS JOU KOOPLUS • Hoër petrolpryse laat ons byna meer hoes vir als en almal voel die pyn. Een manier om uitgawes te sny? Leer om impulsiewe kopies hok te slaan
AS DIE KONTANT KNYP • Jy hoef nie jou kredietkaart in die rooi te druk vir daai duur item wat jy benodig nie. Die meeste kleinhandelaars bied ook opsies soos bêrekoop en...