Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
#SMAAKMAKERTOEKENNINGS • Eers was dit ds. Farren Cloete, toe Jessica Daniels. Nou is ons Kuier Inspirasiemens vir 2026 … Anslin Gysman!
SÓ SKITTER ONS GRAADEENTJIES! • Die wenner van ons My graad 1’tjie-kompetisie geniet ‘groot skool’ en gaan lekkernye koop en ’n bietjie spaar vir Kersfees met haar prys
ROEP DIE ALLERHOOGSTE SE NAAM • Jy kan God vrylik aanroep - Hy ken jou by jou naam!
Bewaak jou hart in dié digitale era • In Spreuke 4:23 lees ons: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.” Hierdie aanmaning was nog nooit belangriker as in dié era nie, waarin afgryslike nuusgebeure daagliks opgedis word
DIE BROE'TJIES WAT BRA'S GEWORD HET • Dekades nadat hulle as jong laaities elk die skoene van 'n onvergeetlike karakter volgestaan het, het dié vier kunstenaars se pad daarmee nou volsirkel geloop
TWEEDE KANS VIR 'N VEGTER • Die agtjarige Hayden se herstel nádat hy 11 maande lank teen tuberkulose meningitis baklei het, word as 'n wonderwerk beskou. Hoewel hy nog uitdagings in die gesig staar, kan hy vandag weer op sy eie loop en vir kort rukkies skoolgaan
‘EK BOU AAN MY DROME VIR MY SUSSIE' • Uit die verbrokkelde stukke van 'n tragiese einde het sy nie net oorleef nie, maar 'n lewe uitgekerf waarop haar kleinsus trots sou gewees het
JUFFROU SE ROEPING OM DIE GAPING TE OORBRUG • As 'n grondslagfase-juffrou het sy eerstehands gesien hoe agterstande kinders kan terughou, toe skep dié onnie 'n bekostigbare opvoedkundige leerprogram en dit hou net aan met groei
Felicia SE PAD NA HAAR EIE PARADYS • Een van die stemme agter die immergroen treffer “Paradise Road” kyk terug op haar loopbaan - die hoogtes van Londen, die laagtes van apartheid se beperkinge, die vreugdes van nasionale treffers en die pyn van teleurstellings - en sien 'n goue draad van genade wat deur alles loop
‘MY 2DE KANS MET MY ELEKTRIESE HART’ • Kuier het in Augustus laas jaar berig oor dié sportjoernalis wie se hart besig was om in te gee weens ’n genetiese siekte - nou vertel hy van sy wonderbaarlike tweede kans met sy ‘nuwe hart’
TRACEY-LEE TRAP HAAR EIE PAADJIE UIT • Dié multi-talentvolle aktrise van Diepe Waters gesels oor haar akteursreis en hoekom sy eerder single sal wees as om te settle
LOCAL BLY LEKKER! • Dié gebore Suid-Afrikaner vertel hoe hy ’n Australiese kookkompetisie danksy ’n liefde vir sy geboorteland se kos gewen het
RAMADAAN-RESEPTE • Dié Ramadaan-geïnspireerde eetgoed uit die kombuis van die Kaaps-Maleise koskenner en sjef CARIEMA ISAACS is heerlike happies vir oud en jonk, en perfek vir samesyn en kuier
LABARANG LOOKS • Of jy meer modest wil aantrek of sjiek wil lyk vir Eid, fokus op vars, modieuse klere in vloeiende materiale, sagte glans en uitstaankleure. Ons wys jou hoe
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
KUUR VIR JOU KWALE • Speserye gee nie net jou kos geur nie – dié klein juwele is ook goed vir jou. Kyk hier watter koskasspeserye is voordelig vir jou gesondheid
AS JOU TWEEDE KANS SOOS HUL TWEEDE VERLIES VOEL • Trou is nie perdekoop nie, en trou ná ’n lewensmaat se dood kan jou verhouding met julle kinders knou – hier's raad
’N KAMMATREKKERY KAN HELP ORDE EN NETHEID...