Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.
Cover image for Kuier

Kuier

Jul 16 2026
Magazine

Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.

Kuier

HALLO, KUIER-LESERS!

BOODSKAPPE

ONS LESERS Vertel… • Haar hart en die enjin klop in sync, sê dié jong trokdrywer wat persepsies oor trucking omkeer

‘JOU DROME HET NIE 'n VERVALDATUM NIE’ • Dis Jo-Ann Strauss soos ons haar nog nooit gesien het nie – stralend gelukkig terwyl sy 'n verborge droom laat herleef in die ballet-ateljee. Die Kuier-span het gaan inloer en weggestap met 'n les in selfliefde, persoonlike vervulling en die behoud van identiteit

5 KITSVRAE AAN JO-ANN

VERLAM NÁ 90 MINUTE ONDER WRAK • 'n Ongeluk in Kaapse stormweer het sy lewe in 'n oogwink verander, nou wag meer as 15 operasies op dié jong vegter

DIE PRYS VAN ONS AI-GEKLETS: SLURP DIT ONS WATER EN KRAG OP? • Agter elke slim antwoord wat jou rekenaar uitspoeg, skuil daar reusekrag, enorme waterverbruik en gróót geld – en boonop vreet ons geklets met AI aan die omgewing ook

MAERDER, MAAR TEEN WATTER PRYS? • Gewigsverliesinspuitings is gewilder as ooit, maar nuwe ondersoeke en waarskuwings laat baie mense wonder: Wat is veilig – en wat nie?

HANDE WAT GEE ÉN GENEES • Dié ‘people's doctor’ het 'n side-hustle wat help dat die armste van die armes die nodige mediese hulp kry wat hulle verdien

VAN KLASSIEKE MUSIEK TOT DIE PESTO-TROON • Kathleen Quillinan, oftewel die Pesto Princess, het op 35 musiek verruil vir die kosbedryf, en vandag is haar bekende vars produkte gewilder as ooit

JOHNY VIND SY VOETE IN PARADYS • Ons gesels met die man agter Paradys se flambojante Voete Malgas. Hy vertel meer oor sy rol, die mentor wat sy loopbaan moontlik gemaak het, en die verlies wat sy wêreld laat wankel het

1, 2, 3 … BAK! • Die koue weer vra vir lekker gebak wat jou van binne af warm maak. Ons deel agt resepte uit die bekroonde local koslegende Isabella Niehaus se nuwe kookboek, Bella's Kitchen, wat onder meer deur haar eie ma se kookkuns inspireer is. Dié lekker gebak gaan jou mond laat water!

Stylvol soos 'n ballerina! • Balletcore – 'n sjiek styl wat deur die ontspanne oefendrag van balletdansers geïnspireer is – trend nou! Dit gaan als oor sagtheid en vroulikheid en items wat gemaklik is en jou toelaat om vrylik te beweeg, nes 'n danser. Dink ballet-pumps, sagte kleure, vloeiende skirts en klere wat byna gewigloos voel en grasieus vloei en beweeg. Ons is só hie’ vi’ dit! Ons wys hier 'n paar maklike maniere om dié trend by jou klerekas in te werk

BABA-BOKKIE • Laat jou baba en kleuter hul ware kleure wys met hierdie oulike Spring-boktrui tydens die rugby-seisoen wat voorlê!

10 VIRAL SKOONHEIDSPRODUKTE WAAROOR DIE INTERNET GONS • Van glansende lippe tot die jongste Koreaanse velsorg: dié skoonheidswonders trend oral op sosiale media en is werklik elke sent werd

VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad

HELDER SÓ IEMAND SE DAG OP • Wintertyd voel baie mense eensaam en neerslagtig. Baiekeer het jy nie eens groot gebare of baie nodig om iemand se dag beter te maak nie. Dis dikwels die klein dingetjies wat tel. En die lekkerste daarvan? Dis ook goed vir jóú bui, want wanneer jy iemand help, stel jou brein die goedvoelhormoon dopamien vry. Só sê die Amerikaanse sielkundige Dacher Keltner van die Universiteit van Kalifornië se Greater Good Science Center. Hier is sewe maklike maniere om iemand vandag op te kikker

KLOP DIE KOUE MET DIÉ WENKE • Die koue en donker...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans