Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Onder die skadu van die mirteboom bring dié organisasie hoop en genesing vir enkelma's
‘SOEBATSKLOOF’ SE SKOONHEDE SMEUL • Die Marais-woning op die fiktiewe plaas Soebatskloof is nooit sonder drama nie. Boonop bring Monique Rockman en Boudine Ballem se karakters, Crystal en Brenda, ook hul eie sugar en spice na die daaglikse drama Kelders van Geheime
BOLANDSE GESIN VLUG NA AMERIKA • ‘n Wreedaardige huisrooftog was die laaste strooi vir dié gesin van Wellington, voordat hulle sak en pak Amerika toe is as deel van pres. Donald Trump se vlugtelingprogram
AANLYN NUUS IN DIE AI-ERA • Om nuus en sake van die dag aan jou vingerpunte te hê, kom teen ’n duur prys wanneer AI-beelde geskep word. Kenners weeg in hieroor
BESKERM JOUSELF SÓ
OORLEWING, NIE FAMILIEHARTSIEKTE, IS HUL ERFENIS • Twee susters. Twee hartoorplantings. Een nieroorplanting. ’n Genetiese familiehartkwaal en etlike sterftes. Stééds bly die feit dat dié tweeling nog leef vir hulle die grootste oorwinning
DIE DAG TOE FIREWORKS MY OOG GEKOS HET … • Wat ’n lekker uitstappie moes gewees het, het die begin van ’n nagmerrie geword wat dié jong vrou hard baklei om te vergeet
‘EK EN MY SKEPPER SKRYF AAN MY STORIE’ • Sy was nog pure kind toe sy oornag moes grootword om haar ma se kankerstryd te verwerk. Toe verlies haar tot op haar knieë dwing, het sy met geloof in haar Skepper geleer om haar seer en pyn in purpose te omskep
‘WARE KRAG KOM VAN BINNE’ • Dié Kapenaar het homself ge-kung fu al die pad tot in gevegsport se Hall of Fame! Hier vertel hy van sy reis vanaf ’n woelige seuntjie na ’n internasionaal suksesvolle meester met ’n legendariese loopbaan in die gevegskuns
KANTOOR TOE MET ILSE • Dié veteraan-aktrise en dramaturg mag dalk haarself ’n ‘reluctant performer’ noem, maar sy bly ’n bedryfs- en fan fave
INDIESE EETGOED • Dié eenvoudige en dekadente Indiese resept uit die digitale inhoudskepper en ma van vier Naqiyah Mayat se tweede kookboek, The Journey, is ’n mengsel van nostalgie met ’n moderne kinkel en net die ding om jou huismense mee te beïndruk!
INDRUKWEKKENDIN WIT • Pantone se kleur van die jaar, Cloud Dancer, is ‘n sagte, ligte wit wat stille luuksheid en tydloosheid skree. Die kleur is eenvoudig, maar maak ‘n sterk indruk. Ons wys hoe jy dit in jou klerekas kan inwerk
IN DIE WOLKE • Só kan jy Pantone se kleur van die jaar deel maak van jou grimering
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
VRA DR. JOLENE • Soek jy raad vir ’n mediese probleem?
KIES JOU KUSSING SÓ • Die regte kussing kan ’n groot verskil maak aan hoe goed en lekker jy slaap. Kenners gee raad om jou te help kies
TOT DIE DOOD JUL (ALMAL) SKEI? • Breek jy op met die hele familie as ’n liefdesverhouding eindig, of kan jy nog die band met jou eks se familie behou?
TREK SÓ DIE GELDSTREEP • Gee jy te veel geld uit op jou familie en vriende, of leen jy te maklik geld uit? Hokaai! Ons help
IS MY TWEEDE WERK SINVOL? • Hier is vyf dinge wat jy moet oorweeg om seker te maak daai tweede werk is die geld, tyd en energie werd
BELHAR-BOYTJIE SETEGNO-OPGANG • Wat begin het as suiwer nuuskierigheid as kind het gelei tot sosiale impak deur tegnologie vir dié Kapenaar wat al die pad net wenmoves maak
MY...