Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Nasa, hie’ kom sy! Dié Mitchells Plainse slimkop vertel hoe sy haar wenplek na Amerika losslaan
LIG JOUSELF UIT DAAI PUT • Dinge hoef nie altyd eers rondom jou te verander voordat jy weer lig kan sien nie. Soms bly die omstandighede dieselfde, maar iets binne-in jou verander eerste
Stap verder in geloof • Ses maande van die jaar is agter ons; kyk vorentoe met hoop en jou Skepper aan jou sy
'N DUBBELE DOSIS VAN DEAN • Dié Suidooster-ster se nuwe vermaakprogram, Show'KIE, is 'n droom bewaarheid en sy skreeusnaakse alter ego, Antie Bettie, gaan ook daarin gesig wys!
ANTIE BETTIE PAK UIT OOR DEAN
WANNEER JOU EIE BLOED MÓÉT BETAAL • Ja, jy kán jou eie bloed dwing om jou geldelik te onderhou as jy op jou knieë is – al dink baie Suid-Afrikaners dalk ‘sibbe-onderhoud’ is net 'n mite. Dié verpligting tot bystand is egter diep geanker in ons gemenereg as ‘n absolute laaste uitweg
DAPPER GEVEG VOOR HY STERF IN SY 'NANA’ SE ARMS • Die jong onnie Lorenzo Kruger se kankerdiagnose in 'n vreemde land het die wêreld aangegryp. Skenkings het gehelp om hom terug by sy hartsmense te kry voor hy moes groet. Sy suster vertel hier van sy dapper stryd
VAN SKUGTER SKOOLMEISIE TOT GLANSRYKE SAKEVROU • Haar lewensreis getuig van harde werk, passie en 'n omgeehart, en nou het sy haar verhaal in 'n boek neergepen
DIÉ BOK IS 'N DOK! • Dié jong mediese dokter het onlangs geskiedenis gemaak toe sy die groen en goud oor haar kop trek
‘EK HET MY VEILIGE HAWE GEVIND’ • Beaulah: Queens van die Kaap is terug vir 'n tweede seisoen en hou ons vasgenael, want dié geliefde Kaapse drag queens bríng die drama! Ons gesels met Carl Stroebel, die man agter die gewilde Kat Gilardi
WINTERBREDIES • Kook dié winter moeitelose trooskostreffers in 'n kits. Ons wys hoe jy ses verskillende stews kan optower deur een massiewe kastrol geurige brediebasis vooraf te berei. Ons deel ook resepte vir heerlike groenboontjiebredie (met 'n twist) en blomkoolbredie. Dit gaan beslis ‘n hit by jou huismense wees!
MOOI EN GESOND VIR 'N APPEL EN 'N EI • Van knoffelasem en geel naels tot gebarste hakke en splinters – hier is slim truuks om alledaagse huishoudelike items in nuttige skoonheids- en gesondheidswapens te omskep
Aim high Kleur die spel in
Wat is mini-netbal? • Ouers, kinders en afrigters, hier is alles wat julle moet weet oor mini-netbal
Mini-netbal-posisies*
Dis tyd om te speel! • Om netbal te speel verg ervaring, oefening en die regte toerusting! PEP maak dinge makliker met als van sporttoerusting tot waterbottels.
Mini-netbalsterre, Op julle merke, gereed, doel! • Met raad van dr. Elsje Jordaan
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
HOU STRES UIT JOU VEL • Begin al die stres in jou lewe op jou gesig wys? Ons gee raad oor hoe om jou glow terug te kry
LAAT DIE SYFERS PRAAT • Voel dit soms of jy 'n mediese woordeboek moet insluk voor jy gesond kan leef? Leer hier meer oor begrippe soos oefensones, hartspoed, vetpersentasies en liggaamsmassa-indeks (BMI)
IS ANDER SE EMOSIES VEILIG IN JOU HANDE? • Om goedhartig te wees beteken nie jy laat mense veilig voel nie. Kenners wys watter gedrag bou vertroue, verdiep intimiteit en vorm elke...