Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
BOODSKAPPE
ONS LESERS vertel… • Lank voor hul grade het hulle al gewys ware meesterskap is nie net in boeke nie, maar in vasbyt
THEO DEEL SY HART EN SIEL • Ná jare voor ons TV-skerms geniet die akteur Theodore Jantjies nou sy belangrikste rol nóg – dié van ’n teenwoordige pa wees vir sy twee pragseuntjies, Shiloh en Soul. Hy gesels oor die lesse van ouerskap, die wysheid wat gevolg het ná die seer van ’n miskraam, en hoekom hy altyd sy komvandaan sal koester
DIE ’KOEKSISTER-GATE’-KOPSEER • ’n Brief, ’n huiswinkel en ’n dreigement van tronkstraf of ’n R800 000-boete - dís wat ’n plaaslike soneringskwessie in Hanover Park in die Kaap in ’n nasionale debat verander het
CHUFFING VIDEO: ’HEI, DIT SAL JOU LONGE LAAT ONTPLOF!’ • ’n Video wat wyd op TikTok gedeel is waarin twee tieners voorgee om die inhoud van ’n vuurblusser te ‘rook’, het wydverspreide reaksie uit mediese en nooddienstekringe gelok wat waarsku dié onverskillige toertjie sal jou jou lewe kos!
OORSLAAP-MOORD: ‘MY KINDWAS SÓGELIEFD’ • Die laaste keer toe Maria Jamneck haar seuntjie lewend gesien het, was hy baie opgewonde. Die volgende keer moes sy kyk hoe ander sy koue lyfie bewerk en sy nie eens aan hom mag raak nie …
CREASHY MAART: ’N GEES VAN PUREYSTER • Dié meisie (19) ontroer duisende aanlyn soos sy haar uitmergelende reis met terminale kanker deel. Ten spyte van alles bly sy ’n baken van hoop …
BOEKWURM TOT STROOM-BAAS • Haar kinderjare was geanker in stories en familietradisies, en vandag is sy ’n besluitnemer by ’n wêreldwye stroomreus
DUIMPIE DIE REUS • By geboorte was hy die kleinste baba wat al in Suid-Afrika oorleef het en sy dokters was bekommerd, maar deesdae floreer hy
BEDERFKOS VIR PA • Die gewilde TV-sjef Jenny Morris, wat ook bekend is as “The Giggling Gourmet”, se nuwe kookboek, Greedy Girl, is vir mense wat glo botter moet gevier word, groente verdien om sexy te wees en kos moet geniet word. Bederf en vier dus in Junie alle pa-figure met dié lekker resepte uit haar boek wat na aan Jenny se hart lê.
10 MODESLIM SJIEK-TRICKS! • Die lewe is duur en ’n mens het nie altyd geld om op nuwe klere te blaas nie. Ons het goeie nuus: Jy’t glad nie ’n splinternuwe klerekas nodig vir elke seisoen nie! Hier is 10 maklike stylwenke om nuwe lewe in ou klere te blaas – en nog steeds trendy te lyk!
MAN VAN DIE OOMBLIK • Lees hoekom dit deel van elke man se roetine behoort te wees om hul beste voetjie (en hand) voor te sit
VRA VIR ANTIE VAL Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad • As jy al ooit by ’n werkplek ingestap en gevoel het soos die hoofkarakter in Mean Girls of The Devil Wears Prada – asof die melk in gifappeltjie-kollegas se koffie suur trek wanneer jy verbystap – het Antie Val raad. Vir jou én die gifappels!
VE’N ’N RMY SÓ SLEGTE VAL • ’n Gewone struikel of gly kan in ’n ramp ontaard, veral as jou liggaam reeds kwesbaar is. Só kan jy jouself beskerm
VERDWYN JY IN DIE SKADU VAN ANDER? • As jy altyd toegewyd is en altyd opoffer, kan jy later jou ware self uitwis. Voorkom dit deur ou patrone om te keer en uiting te gee aan daai ware self
WENKE WAT WERK • Hier is wenwenke wat sake in en om die huis sommer baie makliker gaan maak. Of jy wil klaarspeel met ’n koolreuk in die kombuis, ’n bad silwerskoon wil skrop, of ontslae wil raak van pestilensies - ons het die antwoord...