Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
Kuier
HALLO, KUIER-LESERS!
Kuier Lentedag
ONS LESERS vertel… • 'n Ongeluk het van hom 'n kwadrupleeg, maar ook 'n kunstenaar gemaak
Kuier Lentedag AANGEBIED DEUR Spekko • Ons blink Lentedag-patsy weer een vir die boeke!
ZANE & ILSE: ‘PARADYS’ SE DINAMIESE DUO • Dié veteraanakteurs het mekaar dekades terug op die stel van Isidingo ontmoet en hul vriendskap strek al oor 25 jaar. Ons gesels met Paradys se TV-duo oor hul rolle, ervarings in die bedryf en die mense na aan hul hart
DEEPFAKES: SIEN IS NIE ALTYD GLO NIE • Hollywood-sterre en bekende politici was al dikwels die slagoffers van valse video's, maar swendelaars teiken deesdae al hoe meer gewone mense vir misdaad
‘SY WAS MY ALLES - NOU'S HAAR PLEK LEEG’ • Hy het 'n nagmerrie-ervaring toe sy tienerdogter raakgery is, verwerk deur getrou elke dag haar vordering te deel. Nou moet dié pa die lewe sonder sy kind aanpak
'n MA SE SMART: MY KIND IS NET 16, NOU'T HY VIR 2DE KEER KANKER IN SY OOG • Hy was net 14 toe kanker vir die eerste keer in sy regteroog gediagnoseer is. Twee jaar later is die kanker terug en dié keer aggressiewer as voorheen
DELFT SE KIND IN EINSTEIN SE DUITSE HUIS • Met 'n passie vir onderwys het sy die paadjie oopgekerf van 'n nederige begin na die wêreldverhoog
‘AS EK OP MY KNIEË GAAN, VOORSIEN DIE HERE’ • Sy't klein begin toe die wekroep kom om hongerte in haar gemeenskap te help aanspreek. Vandag bereik sy 2 000 mense weekliks – als danksy volharding, geloof en barmhartiges van oraloor
WILMA SKIET WORTEL EN BLOM IN VSA • Sy moes op 16 noodgedwonge skool verlaat. Vandag werk sy oorsee en leef sy voluit, want dié deurdrukker glo steeds drome verval nie
OOR DIE KOLE • Vier erfenismaand deur 'n vuurtjie aan te steek en jou huismense met dié lekker braairesepte te bederf!
KANT BLY BO! • Kant is terug met 'n bang en is oral in klerewinkels te sien! Dit beweeg uit die slaapkamer na alledaagse drag en is gewaagd en maak 'n stelling waar jy ook al gaan. Ons wys wat's in en hoe om dié trend te dra
MOOI EN VARS SO SONDER MOEITE • Van die oomblik dat Zendaya die kollig op die rooi tapyt gesteel het met daai douvars gesig en vlegsel, was die boodskap duidelik: minder bly maar net mooi
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
KEN JOU KOSETIKETTE • Jy wil gesonder keuses maak as dit kom by kos koop, maar een kyk na die label en jy hoop maar op die beste. Ons help jou daai inligting ontsyfer
NEE, D(R)ANKIE! • 'n Ruk sonder alkohol kan talle voordele inhou vir jou geestesgesondheid en fisieke welstand, sê kenners
NOG VOORDELE VAN SONDER ALKOHOL KLAARKOM …
VAS AAN DIE ROKSPANTE: SLEGS PLEK VIR MAMMIE • Dis jy, jou man en sy ma in jul huwelik – 'n algemene en uiters skadelike verhoudingsdinamika. Ons gee raad oor hoe om dié liefdesdriehoek te navigeer
KOS VIR DIE SIEL • 'n Mens kan dit nie ontken nie – trooskos werk. Ons kyk waarom dit só is en gee raad oor hoe om uit die siklus van emosionele etery weg te breek
BRAAI SOOS 'n MEESTER • Dis amper Braaidag, so steek 'n vuurtjie aan, gooi iets op die rooster en probeer ons wenwenke vir 'n topklas-ervaring. Al glo jy jy's reeds bobaas met wors, hoender of tjops braai, kan selfs 'n ou hand nuwe truuks leer
DIE KUIER-SPAN SE BRAAI-GEITE
KRY SÓ JOU TIENER AAN DIE...