Kuier gee raad oor alles van ouerskap, geldsake, verhoudings en gesondheid tot mode, skoonheid, dekor en kos. Die tydskrif deel inspirerende stories oor mense in die gemeenskap en streef daarna om lesers op te hef en te bemagtig deur die klem te plaas op positiewe stories en suksesvolle rolmodelle. Die projekte is grootliks gemeenskapgebaseerd, met die visie om waarlik ’n verskil in lesers se lewens te maak.
HALLO, KUIER-LEESERS!
ONS LESERS Vertel... • Haar kleinseun het haar wêreld in 'n bekroonde fliek omskep wat tot oorsese gehore meegevoer het
LEE-ANN EN ROBERTO SE DANS DEUR DIE LIEFDE EN LEWE • Die lewe se dice het mooi geval vir Lee-Ann van Rooi en Roberto Kyle wat tans ma en seun in die kykNET-sepie Binnelanders speel. Hulle gesels oor nuwe liefdes, hul rolle en hoe hul drome vorm kry in hul mooiste
WAAKSAAMHEID NIE AL WAPEN TEEN VROUESLAGTING • Nege vermoorde vroue en 'n vuismoos land wat wéér moes hoor hulle moet 'versigtiger' wees. Kenners help ons om sin uit die situasie te probeer maak
"N MA SE HOOP HET NIE 'N VERVALDATUM' • Duisende kilometers van die huis af, tussen modder en totale verwoesting, het 'n Durbanse ma gaan soek na haar dogter. Nou, 'n maand ná die verwoestende vloed in Tibet en Nepal, veg Linda Govender steeds vir antwoorde oor haar Terricia …
MET LIEFDE STEEK ONS GRENSE OOR VIR ONS KIND • Van die oomblik toe hulle hul dogter ontmoet het, het sy hulle hart gesteel. Die pad tot hier was egter besaai met uitdagings weens haar seldsame siekte. Nou begin hul nuwe hoofstuk oorsie
DEUR DIE STORM MET MY HERDER • Ná 'n wrede aanval, twee mastektomies en 'n geloofskrisis het dié dapper ma met geloof en geliefdes se ondersteuning haar pad oopgeveg na 'n nuwe hoofstuk – en vandaag staan sy sterker as ooit
'N SKOOLHOOF MET 'N HART VIR HOOP • Onderwys is haar superkrag waar sy vandag 'n skool-gemeenskap bou met liefde, dissipline en hoop as die kern van elke leerder se toekoms
AGTER DIE STUUR VAN HAAR EIE LEWE • Sy’s dalk klein van postuur, maar wanneer sy eens begin spin, doen dié jong vrou truuk wat brekers soos bangbroeke laat voel
PASSIEVOL OP DIE YS EN IN DIE LEWE • Van 'n avontuurlustige kind wat ná elke val opgestaan het tot kaptein van Suid-Afrika se yshokkiespan – vir hom gaan dit oor deurdruk, opofferings en liefde vir die sport
ONTHAAL SOOS 'N PRO
VRA VIR ANTIE VAL • Sukkel jy met persoonlike probleme? Hier is raad
KLOP SÓ JOU KIND SE VREES VIR DIE TANDARTS • Volg dié wenke om die tandartsbesoek minder van 'n pyn vir jou kind te maak
BORSKANKER: STAAN STERKER MET KENNIS • Oktober is Borskankerbewusmakingsmaand. Ons gesels met 'n kenner wat die mediese terme, moeilike keuse en magdom vrae verduidelik
STEL GESONDE GRENSE MET JOU KINDERS • Is jy die ewig beskikbare oupa of ouma wat sukkel om jou eie tyd terug te eis? Dis natuurlik om jou kinders en kleinkinders te ondersteun, maar sonder duidelike grense kan jou goeie bedoelings ontaard in burn-out en onenigheid
VAT VYF • Het jy geen tyd vir asemskop nie? Nie 'n oomblik om af te knyp nie? Moenie bekommerd wees nie – vyf minute is al wat jy nodig het om tot verhaal te kom as jou lewe 'n dolle jaagtog is. Ontdek die mini-blaaskans . . .
IS OUMA SE STOKPERDJIES DIE KUUR VIR UITBRANDING? • Van suurdeegbrood bak tot hekel en borduurwerk, stem die internet én navorsing saam dat 'n stokperdjie waar jy met jou hande werk, goed is vir jou senuweestelsel. Kuier het dit beproef
AS HAKKEL JOU KIND POOTJIE • 'n Hakkelprobleem kan jou kind van hul selfvertroue stroop, maar kalm, geduldige ouerlike ingryping – en die regte professionele hulp indien nodig – kan die wêreld se verskil maak
LEKKE' KYKGENOT •...